Skip to product information
1 of 2

Boabab store

DoringKosie

DoringKosie

Regular price $29.00 CAD
Regular price $29.00 CAD Sale price $29.00 CAD
Sale Sold out

Min mense weet dat die storie van Doringrosie eintlik sy oorsprong in die Gamtoos vallei het. Die storie word daar vertel van Kosie Diedericks, wat een aand by die Patensie buiteklub ‘n onortodokse hoeveelheid dennebol-mampoer by sy gulsige keelgat afgegooi het. Daarna het hy in sy dronke stupor die veld in gewandel en onder ‘n doringboom aan die slaap geraak. Sy nooi, Amanda, was ‘n stewige dame wat van tweede porsies en sweet gehou het. Sy was boonop so lank, dat sy eende kon jag met ‘n hark. Soos ‘n Calvinistiese metgesel betaam, het Amanda haar beminde gaan soek en hom onder die boom aangetref. Uitasem het sy vir hom gefluister: “Grawe in vir my, Baberbekkie” en hom gekus. Kosie het wakker geword, diep in Amanda se oë gekyk en gesê: “Sanet, ek het jou gemis my ou ploegskaartjie”. Nodeloos om te sê was Amanda nie vreeslik dik van die lag nie en het vir Kosie net daar, onder die boom, tussen haar allemintige boesems versmoor.

Ons nuwe geur is ‘n ode aan Kosie. Met geure van soet amandel en vanielje sal hierdie olie jou baard so welig laat groei soos die Kalander se hoogste takke.

View full details

We are a button away

Have a question or special request? Baobab will answer within an hour - reach out!